US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir moedertaalonderrig of vir volk en vaderland?

“My vraag is: Wat is hierdie waardes, norme en kulturele identiteit? Wie se voorouers? Is dit nie juis nodig vir die Afrikaanssprekende om sy taal en sy waardes nie meer te skoei op dié van sy voorouers nie? Om sy taal te sien, soos wat Breytenbach dit stel, ‘as kompos. Om wéér in ander vorme te kan bind’.”