Universitêre outonomie: Suid-Afrika, VSA en elders
“’n Derde bron van druk op akademiese vryheid en universitêre outonomie in die hedendaagse wêreld is die groeiende tendens van populisme, wat sedert ongeveer ’n dekade gelede in baie dele van die wêreld sigbaar is. Die verskynsels waarmee populisme verbind word, of wat elemente daarvan vorm, soos identiteitspolitiek, etniese of identiteitsmobilisering, fopnuus, onverdraagsaamheid, reduksionistiese denkskemas en persoonlikheidspolitiek, maak eweneens die verwerkliking van akademiese vryheid en universitêre outonomie onmoontlik. Terwyl die mees markante voorbeeld hiervan sekerlik die optrede van Donald Trump in die VSA is, is dit nie moeilik om ander voorbeelde in alle wêrelddele te vind nie.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed