Uitnodiging: Palimpses, ’n groepuitstalling in Wellington | 4 Augustus tot 9 September

Palimpses is ’n splinternuwe multimedia- en driedimensionele groepuitstalling waar woord, spesifiek digkuns, en beeld in gesprek tree. Dié uitstalling deur digters en skilders open op Sondag 4 Augustus in die Breytenbach Galery op Wellington en kan tot Maandag 9 September besigtig word.