Uit die Argief: Die oorlewing van die nie-dominante tale van Suid-Afrika ‒ ’n Kommentaar deur Neville Alexander

Bydrae gelewer by Die Burger se lesingreeks, KKNK 2001: “Afrikaans kan ’n sleutelrol in die bevestiging van die demokrasie in Suid-Afrika speel namate dit sy bates en voordele met die ander inheemse tale van die land deel. ’n Beleid van funksionele meertaligheid op alle gebiede moet in ’n gees van pragmatisme wat op die beginsel van taalregte as menseregte berus, toegepas word.”