Twee Kaapstadse Jan Smuts-beelde en die wanbalans in die Kompanjiestuin se monumentelandskap – ’n holistiese voorstel vir behoud, verskuiwing en vervanging

“Die Kompanjiestuin in Kaapstad en die tuin se onmiddellike omgewing huisves verskeie prominente standbeelde en ander monumente, waarvan slegs een sedert 1994 opgerig is. […] Wat veral opval, is die dubbele verering van genl. Jan Smuts by wyse van twee standbeelde, skaars 500 m uit mekaar.”