Tussen Jerusalem en Athene: Die christelike geloof in die hedendaagse kultuur

“Wat het Jerusalem met Athene te make? vra die tweede-eeuse kerkvader Tertullianus. Wat het die Christendom met ’n niechristelike kultuur te make, die openbaring van God met die wysbegeerte van die wêreld (in hierdie geval die Grieke), Christus met Sokrates, die christelike geloof met die menslike verstand, die teologie met die filosofie?”