Toorkombuis: Ek onthou vir Mamma – en haar peppermint crisp-tert

“My ma kon nie bak om haar lewe te red nie. … Deel van haar pligte as skoolhoof se vrou was om reg te staan met koeke en terte vir funksies en verjaardae in die personeelkamer. Ek weet nie hoe nie, maar op die een of ander manier het sy oorleef. … Een van haar reddingsboeie was daardie peppermint crisp-tert wat nou nog by my spook.”