Toe-val-lig deur Amore Bekker: Luisteraars se stories boei ook lesers

“Die boek het my verstom laat staan nie net oor hoe die toeval werk nie, maar oor hoe eenders ons almal is – ongeag waar ons woon, hoe oud ons is of wat ons inkomste of omstandighede is. Dit bring gewone mense se stories na ander gewone mense.”