Ter viering van die Man Booker International Prize 2015

Die tien finaliste van die Man Booker se internasionale skrywersprys van 2015, onder wie Marlene van Niekerk sorteer, is op 24 Maart bekend gemaak. ‘n Vieringsgeleentheid hiervan het vir die eerste keer in die geskiedenis van die prys in Afrika by die Centre of the Book op die kampus van die Universiteit van Kaapstad plaasgevind. Izak de Vries deel sy eerste foto’s van die aand met LitNet se lesers.