Tamatiebredie is ’n waardige gryskoptante

“My tamatiebredie is ’n bietjie anders. Ek het te lank op die rand van die Bo-Kaap en in Woodstock gebly en het lankal geswig voor die verleidelike geure en speserye van die Maleise kookkuns. Dit kan jy ook duidelik in my bredies proe.”