Taal en migrasie: ’n onderhoud met Andries Coetzee

“Migrasie is deel van die geskiedenis van die mensdom vanaf die vroegste tye en tot vandag toe. Sover as ek kan sien, is daar niks nuuts in die migrasie van boere na Patagoniё toe nie, en ook nie vir boere wat sou kies om Rusland toe te gaan nie. Hierdie migrasies vind al vir millennia plaas en om baie van dieselfde redes: ideologies, finansieel, avontuur, oorlog …”