Suidoosterfees 2026: Veelsydige Dean John Smith wys sy slag voor kamera en op verhoog

“Feeste is belangrik omdat dit die platform skep vir gesprekke om aangemoedig te word wat andersins moeilik is om in die alledaagse lewe te hê. Dit is ook ’n wonderlike plek om ’n gehoor te kweek tussen die verskillende kunsvorme. Iemand kom dalk vir ’n dans show en loop dan verby ’n musiek show of kuns wat die aandag gryp. En net so word nog ’n kunsliefhebber gebore.”