Studente se ervarings van verskillende afleweringsmodusse in ’n nagraadse diploma in bestuur

“Alhoewel dit in die minderheid was, het sommige studente in beide afleweringsmodusse wel ooreenstemmende negatiewe ervarings gehad ten opsigte van die wyse waarop hulle ondersteun is om te leer, dosentinteraksie, tydigheid van kommunikasie en die standaardisasie tussen die onderskeie modules in die program.”