"Solank ek leef, sal ek Hom aanroep": ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116

“Die psalms in die algemeen, en Psalm 116 in die besonder, is werd om gelees te word as poësie, gebid te word as gebede en gesing te word soos wat gelowiges vir eeue al doen, juis en veral in uitdagende tye soos die huidige pandemie wat nou al vir meer as 15 maande die lewens van talle mense intens ontwrig.”