Sionistiese propaganda (hasbara) of morele integriteit? President Joe Biden oor die Israel-Hamas-oorlog van 2023

“Die bevindinge dui op ’n onteenseglike verband tussen Biden se kommunikasie en die hasbara-agenda om enersyds Israel as ’n eerbare, redelike en empatiese demokrasie voor te stel, en andersyds Palestyne onder verdenking te plaas en hulle menseregte en selfbeskikking as sekondêr te hanteer.”