Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun

“Die RR-leesassesseringstrategie het die potensiaal om leerders se leesgedrag te identifiseer sodat onderwysers die uitkoms van RR-aantekeninge kan gebruik om hul leesonderrig te lei. Die strategie is geldig, betroubaar en bestendig in die identifisering van leesgedrag en leesfoute.”