Ruite in ’n raam: Die aanvang en slot van Marlise Joubert se bundel grondwater as tekstuele raam met ’n kodifiserende en mitologiese funksie

“Die doel van die artikel was om vas te stel in welke mate Marlise Joubert se bundel grondwater ’n egte sikliese struktuur vertoon met ’n kodifiserende aanvang en ’n mitologiese slot, én of bepaalde simbole wat in die teks voorkom, merkers is wat inspeel op die interpretasie van die hele bundel.”