RSG alweer

  • 2

Ek sê nou die dag vir die vrou "vrou", sê ek, "terwyl jy nou daar is, sit gou die radio aan op RSG laat ons 'n bietjie Engels kan luister." Dit is so; as jy op enige gegewe oomblik, veral gedurende Monitor en Spektrum, die radio aanskakel is die kanse goed dat jy 'n Engelse relaas gaan hoor.

En na die relaas is dit nog lank het einde niet. Die verslaggeefster se stem kom dan oor die lug en sy sê, "meneer Tjontjile Zonke sê ook dat hulle nie langer hierdie onsin gaan duld nie" en dan kom meneer Tjontjile se stem weer op en hy sê "we are not going to stand for this nonsense any longer" en dan sê die verslaggeefster weer "meneer Zonke sê ook dat as daar nie aan hulle eise voldoen word nie hulle sal staak" en dan hoor jy weer meneer Zonke se stem en hy sê "if they don't entertain our demands we will strike" en dan sê die verslaggeefster "dit was meneer Tjontjile Zonke van Acme en ek is Clarissa Kwikkie en dan sê Kobus dit was Clarissa Kwikkie en sy het met meneer Tjontjile Zonke van Acme gepraat.

Dan is dit weer die beurt van 'n ander verslaggeefster of –gewer om 'n ander amptenaar van 'n ander plek met ons Engels te laat praat op dieselfde manier as hierbo.

Die Praatsaamprogram is net so erg. Engelse luisteraars stuur lang e-posse in Engels en Lynette lees die e-pos in Engels op 'n Afrikaanse program op 'n Afrikaanse stasie. Hoekom? Die Engelsman wat die e-pos stuur verstaan goed genoeg Afrikaans om kommentaar te lewer, hoekom skryf hy nie in Afrikaans nie? Dis mos arrogant, of hoe? En hoekom aanvaar Lynette al die luisteraars kan Engels praat? Daar is baie mense op die platteland, veral die Noord-Kaap, wat nie Engels verstaan nie.

In die kuns- en sportprogamme gaan dit net so erg. Lang gesprekke word in Engels gevoer met Engelssprekende gaste. Dit is so erg dit lyk gemanipuleer, so al asof opdrag gegee is om soveel moontlik Engels in te prop. Dis 'n siek gedienstigheid en op die manier dus 'n ondermyning van Afrikaans en Afrikaanssprekendes.

Die nuus, behalwe vir Engelse kommentaar tussenin, is vol anglisismes. Het die nuusskrywers nie Afrikaans geslaag nie, en is daar nie versorgers wat die bulletins nagaan voor dit gelees word nie? Die afgelope paar bulletins word daar gedurig gepraat van mense wat 'afgelê' gaan word; is dit nie 'n anglisisme nie? 'n Sekere omroeper wat sy eie program adverteer praat van 'bietjie inlê' in plaas van 'bietjie laat slaap'. Is daar niemand wat hom kan reghelp nie?

Terloops, dit laat my dink aan die bestuurder wat deur die hoofbestuurder aangesê is om een persoon in sy afdeling af te dank; die firma moet personeel verminder. Die bestuurder besluit toe dis tussen Jack en Mary – die twee nuutste toevoegings tot die firma – en hy sal die een inroep wat hy eerste die oggend by die waterbottel voor sy kantoor sien. Dis toe Mary, sy't die vorige aand bietjie gefuif en drink 'n pil daar by die bottel. Die baas roep haar in. "Mary", sê hy, " I'm afraid I have to lay you, or Jack, off." "Well", sê Mary, "and I'm afraid you'll have to jack-off mate; I've got a headache and you're not my type anyway."

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • (Ha-ha-ha!)

    Ag nooit, ek het lanklaas so lekker gelag.

    Moet se Jan Rap, vandat ek hier skryf op die Net  is ek nogal ingestel op my Afrikaans en het besluit om geen engelse woorde te skryf. Wil jou nie onstel. As daar 'n engelse woord by my opkom sal ek myself vra: Jinne nee, wat is die afrikaanse woord nou weer? Jan gaan nie van hierdie engelse woord hou.

    En ja, ek voel saam met jou, Afrikaans is 'n mooi taal. Ek is baie trots daarop en glo ons moet meer respek toon. Ek sal ook my musiekante vra om eerder Afrikaanse liedere te sing in die kerk.

    Jy doen dus goeie werk. Hou so aan! Ons het jou nodig.

    (Maar sorry, die Amplified bybel bly maar vir my nog die mooiste vertaalde bybel - oeps, jammer die ingels.)

    Trienie

  • Beste Jan, 

    Dit lyk vir my of dit wat jy van Mary vertel, iets grappigs kan wees. Kan jy dit asseblief in Afrikaans vertel, want,  alhoewel daar o.a. ook bietjie Ierse bloed deur my are vloei, verstaan ek nie die taal nie. Sorrie vir die moeite, maar  ek haat die Engelse taal so, dat ek ook glo alle Anglisismes uitgeroei behoort te word.

    Groete

    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top