Resensie van Land van skedels deur Nicola Hanekom

“Land van skedels is uiteindelik ʼn ritueel oor die gruwelikheid en verskrikking wat oorlog aan die mens, wat nie meer mens geag word nie, doen. Hierdie drama behoort deur alle nasies in hierdie land gelees te word – hierin kry almal stem.”