Regeringsvorming kragtens die Grondwet sonder ’n volstrekte partypolitieke wenner

“Ofskoon die Suid-Afrikaanse Grondwet deeglik voorsiening maak vir ’n veelpartydemokrasie, het sterk politieke kragte meegebring dat die land vir die afgelope 30 jaar ’n tipiese eenparty-oorheerste stelsel onder aanvoering van die regerende African National Congress (ANC) was.”