Rate vir peste en plae

  • 6

Ek lees die brief hoe om van miere, vismotte en ander insekte ontslae te raak. Dit is net 'n bewys dat daar meer omgewingsvriendelike maniere is om van plae en peste ontslae te raak.

Ek het die volgende raat gekry hoe om van 'n ongenooide muis of rot ontslae te raak.

Jy vat 'n skoendoos en sny 'n halmaan (deurtjie) in die sykant. Smeer die een kant met kaas. Sit dit naby die muis of rot se beweegarea. Vat dieselfde doos die volgende dag en smeer kaas aan die ander kant. Hou so aan vir 'n paar dae en wissel die kant af waar die kaas gesmeer is. Op die laaste dag plak 'n skeerlemmetjie (Minora) aan die bokant van die deurtjie en sit die doos terug sonder om kaas te smeer. Die geheim is dat die muis of rot sy kop by die deurtjie indruk en sy kop heen en weer draai om die kaas te soek. Op daardie manier sny hy sy eie nek af. Siedaar geen geklap en die rondsleep van 'n valletjie nie. Ook geen gepiep van die knaagdier nie.

Dit kan moontlik aangepas word om ook van 'n regstellende inkopie persoon ontslae te raak.

Reusedwerg

  • 6

Kommentaar

  • Ek werk vir 'n Plaagbeheer Maatskappy, hierdie is 'n baie wrede manier om van muise of rotte onslae te raak.  Muise of rotte eet NIE kaas nie.  Kry eerder 'n Plaagbeheer Maatskappy om jul probleem op te los op 'n veilige en menslike manier.

  • Karen, dis 'n grappie.
    Maar alle grappies op 'n stokkie; die grootste plaag op aarde vir die rot is die mens, vir die vink ook.  Om die waarheid te sê, die mens is die grootste plaag.  Ek hoor oor die radio dat een of ander migrerende valkie maak dit omtrent nie oor Indië nie; die mense vang hulle by die honderdduisende en eet hulle.  As daar nou een ding is waarvan die getalle beperk moet word is dit die mens, ons is besig om die aarde tot in die aarde in te verniel en steeds gaan ons voort om te kyk hoeveel kos ons kan produseer om NOG meer mense aan die lewe te hou.
    Wat ons nodig het is meer ruimteprogramme, meer standbeelde, meer en duurder huise vir amptenare (ek loof Zuma vir daardie aanbouings en verbeterings), groter katedrale en operahuise, meer teaters, meer kerke, simfonie-orkeste, enigiets wat geld en ander bronne weghou van groter kosproduksie want anders gaan die aarde binnekort in mense verstik.

  • anne groenewald

    Ons het IETS in die tuin/erf die hond wat in die agterplaas toegesluit is  sien/ruik ek weet ni wat maar blaf hiesteries/grom/  Allerande raad word gegee konyn (dis in die omgewing) rivier rotte ( so 300 meter van die Sesmylspruit) Centurion Hoe lok ons so iets uit,om te vang etc , sien niks snaaks in die erf maar die hond se sintuie laat ons mooi verstaan DAAR IS IETS Ons is dood moeg van geen slaap. Dis NIE  die twee voetiges, wAT MOET EK UITSIT OM WAT OOK AL  TE DOOD

  • Ek het dit een keer reggekry om 40 rotte in een aand te vang, en dit is die reine waarheid. Jy vat 'n dieperige houer soos n Nutritub-bak, maak hom half met water en gooi 'n dik laag sonneblomsade wat dryf sodat dit solied lyk. Die rotte spring in, verdrink en die ander spring in om die dooies te eet. Dit het egter net die een keer gewerk, nou moet ek eers wag vir 'n nuwe generasie wat die truuk nie ken nie, hulle is baie slim.

  • More ek werk vir die munisipaleteit het probleem by ons oorlaaistasie by een van ons kusdorpe, rotte het beheer het nou daar die beheer oorneem kan u RAAD voorsien, ons wil nie enige gif gebruik nie agv diere wat weerdie rotte sal eet en dan daarna sal vrek, dankie byvoorbaat sal graag wil hoor asb.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top