Politieke onsekerheid in die Suid-Afrikaanse politiek: ’n "politieke Rubicon" (?) en die pad vorentoe

“Waar die ANC in 2004 69,69% van die nasionale steun getrek het, het dit tydens 2019 tot 57,5% gedaal en in 2024 tot so laag as net onder 40%. Onlangse meningspeilings (tussen Maart en Julie 2025) van beide die SAIRR en die DA beklemtoon dat die party se steun nog verder kan daal, tot selfs onder 30%. […] Soos wat die 2024-verkiesing gestaan het in die teken van fundamentele verandering, beloof die 2026/7-plaaslike verkiesing om ’n soortgelyke impak, maar net op ’n ander politieke vlak te hê. Dit mag selfs die einde van ANC-hegemonie op hierdie vlak beteken.”