Persverklaring: Vriend van Nagkantoor-eienaar wen WAT se Borg ’n Woord-Sanlamprys

Christo Els is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2025-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000. Els het die woord “nagkantoor” gekoop as geskenk aan sy vriend en eienaar van die Nagkantoor Kuierkroeg op Kaapsehoop, oudjoernalis De Wet Potgieter.