Persverklaring: US-koor vier Fick se 80ste

Ter viering van die lewensbydrae en werk van die ikoniese koordirigent Acáma Fick, tree die Universiteitskoor Stellenbosch (US-koor), die Accelerando-koor van die Hoër Meisieskool Bloemhof (HM Bloemhof) en die Cape Town Camerata in ‘n spesiale konsert op. Die Acáma Fick 80th Birthday Celebration-konsert vind op 24 April om 19:00 in die Endlersaal op Stellenbosch plaas.