Persverklaring: Twee kultuurlegendes vereer by 13de kykNET Fiëstas

Die skrywer, digter en aktivis Diana Ferrus en die musiekmaestro Hubert van der Spuy word vanjaar by die 13de kykNET Fiëstas vir hulle lewensbydraes tot die kunste vereer. Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid word op 9 Maart in Kaapstad gehou.