Persverklaring: TV-benoemings vir kykNET Silwerskermtoekennings bekend

Vanjaar se televisie-benoemdes vir die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieƫl die uitsonderlike talent en kreatiwiteit van die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap. Die toekennings, wat die beste speelfilms en akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas.