Persverklaring: Tito se twiet oor Tukkies is in die kol

“Die Afrikaanse Taalraad (ATR) verwelkom die minister van finansies, Tito Mboweni, se Twitterkommentaar oor die afskaffing van Afrikaans by die Universiteit van Pretoria. Die Taalraad veroordeel insgelyks die uitrangering van Afrikaans as onderrigtaal aan die UP, want in effek lui dit die doodsklok vir alle ander Suid-Afrikaanse tale om tot onderrigtaalstatus uitgebou te word.”