Persverklaring: The ephemeral nature of things, ’n uitstalling deur Laurette de Jager

art.b Gallery in Bellville is verheug om die opening van The ephemeral nature of things, ’n uitstalling deur Laurette de Jager, aan te kondig. Die uitstalling open op 5 April 2025 en is die eerste in ’n reeks uitstallings wat deel vorm van De Jager se doktorale studies in visuele kuns by die Universiteit van Suid-Afrika.