Persverklaring: Teken die petisie #StopTheCopyrightAmendmentBill

Drie plaaslike skrywersverenigings, PEN Afrikaans, ANFASA en PEN Suid-Afrika, maak hiermee in samewerking met die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ’n petisie beskikbaar as deel van ’n gesamentlike protesaksie teen die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, wat geskeduleer is om op 29 Februarie voor die Nasionale Vergadering te dien vir aanvaarding.