Persverklaring: SA-legendes te sien in die fliekweergawe van Hans steek die Rubicon oor

Die rolverdeling van Hans steek die Rubicon oor bederf fliekgangers met die room van Suid-Afrikaanse akteurs – Pierre van Pletzen as Hans, Tobie Cronjé as Vasie, June van Merch as Baby, Sandra Prinsloo as Liesbet, en Nicola Hanekom as Matrone. Die jong akteur Juan-Pierre Moller is Esmeraldus; Danny Ross is Elvis; Diaan Lawrenson is Karla, en Ivan Abrahams is Jan Doppies.