Persverklaring: ProVARIA vind ’n tuiste in VivA se nuwe Variasieportaal

‘n Omvattende navorsingsprojek, die Projek oor Variasie in Afrikaans (ProVARIA), is twee weke gelede geloods om die variëteite van Afrikaans te dokumenteer en hulpbronne oor die niestandaardvariëteite meer toeganklik te maak. Hierdie projek se doel is om juis die volle omvang van die wonings van Afrikaans beter uiteen te sit en te verteenwoordig.