Persverklaring: Op Jeugdag neem die Suidoosterfees jou terug skool toe

Op Jeugdag 2021 neem die Suidoosterfees, KKNK en NATi teaterliefhebbers terug skool toe. Die klaskamer is ’n reeks kort plek-spesifieke produksies wat in verskillende ruimtes van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad aangebied word. Vertonings vind op 16 en 19 Junie om 11:00 en 15:00 plaas.