Persverklaring: Net een kans om Ruhan du Toit by Aardklop te sien!

Die gehoor kan uitsien na Ruhan du Toit se vieroktaafstem en uitgebreide repertoire – waaronder sy roerende weergawe van Simon & Garfunkel se “The sound of silence”, asook sy eie “Monumentaal” en “Shivers” wat hy oor die laaste 30 jaar opgebou het. Die vertoning vind op 28 September plaas – onthou, hy tree net een keer op by vanjaar se Aardklop, maak dus seker jy’s daar!