Persverklaring: NB-Uitgewers sien toe dat rekordtal vertalings die lig sien

NB-Uitgewers kan met trots aankondig dat die vertaalregte in 27 van hul titels in die huidige boekjaar aan buitelandse uitgewers gelisensieer is – die meeste in die uitgewery se geskiedenis.