Persverklaring: Nagtegaal-teksprys herleef in samewerking met Toyota Stellenbosch Woordfees

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is op soek na nuwe tekste van 60 tot 90 minute lank wat teater as medium vir sosiale impak en kohesie verken, en tradisionele beskouings uitdaag en verruim. Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel.