Persverklaring: Musiekindaba, ’n eerste vir Afrikaanse musiek

Hoe kan ons saamwerk vir ’n beter musikale toekoms? Dis tyd om te praat. Musiekindaba bring kunstenaars, die ganse musiekbedryf en musiekliefhebbers byeen om koppe bymekaar te sit, verhoudinge te bou, loopbane te bou, te leer, inligting te deel en die wonderwêreld van musiek te vier.