Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2022: Kortlyste bekend

Vroueskrywers maak skoonskip op die twee fiksiekortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-boekpryse. Onder hulle is die bekroonde digter Ronelda Kamfer wie se debuutroman Kompoun vir beide die kykNET-Rapportprys vir romans en die Jan Rabie-Rapportprys vir eerste of tweede prosawerke benoem is.