Persverklaring: Kuns is alles by Suidoosterfees 2025

Kuns is meer as vermaak – dit help ons om die lewe en die wêreld beter te verstaan, en by feeste skep dit kosbare werksgeleenthede en stimuleer die plaaslike ekonomie. Vanjaar word die Suidoosterfees van 30 April tot 4 Mei in Kaapstad aangebied, waarna SOF Junior, ’n minifees vir onderwysers en skoliere, van 5 tot 8 Mei volg.