Persverklaring: Kompetisie bied platform vir musikale 50-plussers – ATKV

Die musikant Cor Uys, ’n jare lange vennoot van die ATKV, bied in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS 50-tydskrif die Andante Plus50-musiekkompetisie aan. Alle senior burgers 50 jaar en ouer, behalwe professionele en voltydse kunstenaars wat steeds as musikante bedrywig is, mag deelneem.