Persverklaring: Huldeblyke stroom in ná Hans du Plessis se afsterwe

Familielede, vriende, talle skrywers, akademici en ander persone uit die Afrikaanse media-, taal- en letterkundewêreld het hul skok, hartseer en medelye uitgespreek oor die nuus dat die geliefde Hans du Plessis Vrydagnag oorlede is.