Die nuwe dokumentêre reeks Die stories van Afrikaans, wat op Sondag 27 April op kykNET begin, vier en verken al die uitlopende aspekte van die Afrikaanse taal in agt boeiende episodes. Met ryk argiefmateriaal en meer as honderd gesaghebbende stemme sny dié reeks die spore van die fassinerende ware verhale van die karakters, botsings, liefdes en langpaaie wat die taal deur vier eeue gebrei het en aan die Afrika-grond bind.
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed