Persverklaring: Bekroonde skrywer Danie Marais lei slypskool vir stokperdjie-digters op 7 Junie 2025 by die Taalmonument

Vir diegene wat dalk soms ’n bietjie dig voel as hulle pen op papier of vinger op sleutelbord plaas om ’n gedig op te tower, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl weereens ’n poëtiese oplossing: ’n slypskool op Saterdag 7 Junie 2025, met die beminde digter, vryskutjoernalis, musiekskrywer en omroeper Danie Marais.