Persverklaring: ATKV-Toneelfinaal 2025 ’n magnetiese fees van talent!

Danksy magnetiese tieners en tjokkers wat met hul passie die verhoog onweerstaanbaar gemaak het, moes ’n swaargewig-beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap om die wenners van die gewilde ATKV-Tienertoneel- en ATKV-Tjokkertoneelkompetisies aan te wys.