Persverklaring: ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-semifinaliste 2025 bekend

ATKV-Taalgenoot-Ruk en Rym, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak, het tot 28 Julie inskrywings ontvang en ná ’n rekordgetal – ’n allemintige 93 – musikante hul kuns met die Ruk en Rym-keurders gedeel het, is die 20 semifinaliste van die kompetisie nou bekend.