Persverklaring: ATKV-Crescendo begelei nuwe stemme

Vir die derde Platformsessies-konsert van ATKV-Crescendo-produksies kan die gehoor uitsien na ’n nostalgiese reis saam met Crescendo-legendes wat die musikale weg vir ’n nuwe geslag Afrikaanse stemme wys. Dit vind op 16 Augustus plaas by die Daisy Jones-teater in Stellenbosch. As deel van ATKV-Crescendo se vyftigste bestaansjaar, gaan voormalige Crescendo-wenners, Jak de Priester en Babette Viljoen, die verhoog met drie finaliste van 2024 deel.