Persiese poësie en politiek in Iran: Die denke van opperleier Ali Hosseini Khamenei

“Khamenei en die regime se hulde aan die klassieke Persiese digkuns en die vernuwing uit die klassieke erfenis verbind vorige en hedendaagse geslagte en faksies. Dit vorm ten minste potensieel ’n losser en diverse gemeenskap wat binne en buite die regime se reëls oop staan vir simbole, wyshede en emosionele vorming vanuit daardie erfenis.”