Pasverskyn: My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver

Toe COVID-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om van die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis.