Operasie Savannah: Die "ligte mistykie" wat die apartheidstaat ekonomies geknou het

“Operasie Savannah het verreikende militêre, diplomatieke, politieke en ekonomiese gevolge vir die Republiek van Suid-Afrika (RSA) ingehou. Die internasionale gemeenskap het die apartheidstaat se skending van die volkeregtelike beginsel van nie-inmenging in ’n ander staat se huishoudelike aangeleenthede veroordeel.”