Om sin te "sien": die eenheid ("in-tensie") tussen lewe (tydsduur) en bewussyn (ruimte) in Henri Bergson se metafisiese fenomenologie

“Aan die een kant vind ons bewussyn in lewe in die gewaarwording as sodanig van (of sensitiwiteit vir) die sensasie van transformasie (of die skeppings-proses) self. Hierdie gewaar-wording van die proses van transformasie verwys na die metafisiese bewussyns-handeling van tydsduur.”