Nuut by Hemel en See: Die ongelukkige en treurige verhaal van die skip die Gouden Buys, 1693
In Mei 1693 monster Lourens Thijszoon Vijselaar en Daniël Silleman in Nederland aan op die VOC-skip die Gouden Buys. Nog voordat die kus van Suidelike Afrika op die horison verskyn, was byna die hele bemanning van 190 al oorlede aan skeurbuik en ander siektes. Vijselaar en Silleman het aan land gegaan om hulp te soek. Ná driehonderd jaar kon daar in argiewe en museums nog heelwat tasbare bewyse opgespoor word om die oorspronklike verhaal mee aan te vul en die rampspoedige reis van die Gouden Buys vir die hedendaagse leser verder tot lewe te wek. Die teks van die eerste druk is vir hierdie uitgawe in Afrikaans vertaal en voorsien van aanvullings, woordverklarings, aantekeninge en illustrasies.
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed